top of page
Search

10 Wenke: Hoe om met jou lewensmaat te praat oor geld

Writer: SkuldhulpSkuldhulp

Ons almal weet dat geld ‘n sensitiewe onderwerp kan wees, selfs in die sterkste verhoudings. Soms is dit makliker om die gesprek heeltemal te vermy, maar ons weet dit is iets wat ons ongelukkig moet bespreek.


As julle op die regte manier oor geld praat, kan dit julle nader aan mekaar bring en help om ‘n sterk finansiële toekoms saam te bou.


Ons deel praktiese wenke om hierdie geldgesprekke doeltreffender en sonder onnodige spanning te maak, sodat dit vir julle albei ’n positiewe ervaring kan wees.

 

Inhoudsopgawe


 

1) Kies die regte tyd



Wanneer dit kom by 'n sensitiewe onderwerp soos finansies, is tydsberekening alles. Om jou lewensmaat in ‘n hoek te druk wanneer hy of sy moeg, gestres of geirriteerd is, is dalk nie die beste idee nie.


Kies eerder 'n rustige oomblik, soos 'n Saterdagoggend oor 'n lekker ontbyt. Begin die gesprek op 'n positiewe noot. Jy kan byvoorbeeld sê: "Dink net wat ons saam kan bereik as ons slim werk met ons geld?"


 

2) Deel jul doelwitte en drome



Voordat julle syfers begin bespreek, gesels eers oor julle drome, doelwitte en aspirasies. Wil julle ‘n huis koop? 'n Eiendomsbelegging maak? Die wêreld reis? 'n Fonds vir julle kind begin? Of, as julle finansies swaar trek, waar kan julle begin bespaar?


Dit is baie makliker om oor ‘n begroting of skuldterugbetalings te praat as dit gekoppel is aan ‘n gedeelde visie vir die toekoms.


 

3) Aktief Luister



Mense se siening van geld verskil. Dit word beïnvloed deur hulle opvoeding, lewenservarings en vrese. Luister sonder oordeel en probeer om jou maat se perspektief te verstaan.


Miskien deel jou maat dat hulle in ‘n huis grootgeword het waar geld altyd min was, wat hulle nou angstig maak oor spaar en nie spandeer nie.


Deur regtig te luister, kan jy hul gevoelens erken en ‘n beter begrip kry van hoe hulle, julle finansies wil benader.


 

4) Begin klein



As dit die eerste keer is dat julle oor geld gesels, moenie dadelik met gedetailleerde begrotings begin nie. Begin eerder klein, gesels oor iets eenvoudig, soos 'n weeklikse begroting of net een rekening wat julle moet betaal. 


Dit sal die gesprek minder stresvol maak en julle help om gemakliker te raak met mekaar se finansiële gewoontes.


 

5) Wees eerlik



As jy senuweeagtig voel om jou werklike finansiële situasie te deel, neem daardie sprong en wees oop met jou maat. Geheimhouding in ‘n verhouding lei tot argumente en onnodige spanning.


As julle weet hoeveel skuld en spaargeld julle regtig het en eerlik is oor jul finansies, kan julle saam ‘n oplossing vind. Julle sterkpunte kan gekombineer word om ‘n beter finansiële toekoms te bou.


 

6) Moenie mekaar blameer nie



Wanneer geld skaars raak, is dit maklik om vingers te wys. Klink dit dalk bekend?


  • "Hoekom het jy soveel geld op daardie item spandeer?"

  • "Ons sou nie in hierdie gemors gewees het as jy net vir my wou luister nie!"


Om mekaar te blameer help niemand nie. Niemand kan nie die verlede verander nie, maar julle kan julle fokus verskuif na die toekoms. Werk saam om julle bestedingsgewoontes aan te pas en as ‘n span julle doelwitte te bereik.


 

7) Vier altyd julle suksesse!



Geldgesprekke moet nie net altyd oor opofferings en probleme gaan nie. Dit is belangrik om mylpale saam te vier, maak nie saak hoe klein dit is nie.


  • Het julle ‘n kredietkaart afbetaal? Dit verdien ‘n drukkie!

  • Het julle hierdie maand by jul begroting gehou? Gaan vir ‘n lekker bederfie! 

  • Deur klein oorwinnings te vier, herinner julle mekaar daaraan dat julle saam in hierdie situasie is.


 

8) Wat gebeur as julle te veel skuld het?



As julle finansiële gesprek telkens terugkeer na agterstallige betalings, kredietkaarte en julle het nou nuwe skuld aangegaan, om ou skuld af te betaal, is dit dalk tyd om hulp te oorweeg.


Dit is ‘n reuse stap om te erken dat julle skuld handuit geruk het en dat julle ‘n oplossing nodig het.


 

9) Skuldberading kan die oplossing wees vir julle



Het julle geweet dat skuldberading vir julle die struktuur en finansiële verligting kan bring wat julle nodig het?


Skuldberading is ‘n wettige en privaat proses wat in 2007 deur die Nasionale Kredietreguleerder ingestel is om verbruikers wat met oormatige skuld sukkel, te help.


Julle skuld sal gekonsolideer word in een maandelikse betaling. Dit verseker ook dat julle lewenskoste gedek word en beskerm julle huis en voertuig teen terugneming.


Wil julle dalk meer weet oor skuldberading? Lees ons artikel: Skuldberading: Alles wat jy moet weet


 

10) Neem saam besluite



Ons konsultante sal julle met respek hanteer en saam deur die hele skuldberading proses neem. Dit begin met 'n gratis, sonder-verpligting assessering van jul finansiële situasie. Ons kan vir julle wys hoeveel geld julle per maand kan spaar en presies verduidelik hoe skuldberading werk.


Of julle nou binne gemeenskap van goedere getroud is, buite gemeenskap van goedere, of lewensmaats is, ons het oplossings vir elke verhouding.


Ons weet dit kan aanvanklik intimiderend voel, maar om saam deur dit te werk, versterk dit nie net julle finansiële toekoms nie, maar ook julle verhouding.


 




Comentarios


Skuldhulp WhatsApp Kontaknommer
bottom of page
// Function to get URL parameters function getUrlParameter(name) { name = name.replace(/[\[]/, '\\[').replace(/[\]]/, '\\]'); let regex = new RegExp('[\\?&]' + name + '=([^&#]*)'); let results = regex.exec(location.search); return results === null ? '' : decodeURIComponent(results[1].replace(/\+/g, ' ')); } // Wait for the page to fully load $w.onReady(function () { // Capture the gclid parameter and assign it to the hidden field $w('#gclid').value = getUrlParameter('gclid'); });