top of page

Wat is Skuld?

Skuld is die geld wat jy leen met die ooreenkoms om dit terug te betaal, dikwels met bykomende rente.

 

Vir baie Suid-Afrikaners is skuld ‘n manier om belangrike doelwitte te bereik, soos om ‘n huis te koop, vir kinders se opvoeding te betaal, of selfs om ‘n besigheid te begin. Wanneer dit reg bestuur word, is skuld ‘n waardevolle hulpmiddel wat vele geleenthede kan skep.
 

Suid-Afrika het ’n toenemende skuldkrisis, met kredietdruk wat styg en talle verbruikers wat sukkel om hul terugbetalings te hanteer.

Die Stigma van Skuld

Skuld is ‘n onderwerp wat baie Suid-Afrikaners vermy. Dikwels dra mense die spanning van finansiële druk in stilte, terwyl die stigma rondom skuld, verhoed dat hulle die hulp soek wat hulle nodig het. 

Maar wat gebeur wanneer skuld buite beheer raak?

Hierdie blad sal die volgende onderwerpe dek:

​​​

  1. Wat is gesekureerde en ongesekureerde skuld?

  2. Waarom het mense skuld?

  3. Die gevaar van oormatige skuld

  4. Hoe skuldberading jou kan help

Gesekureerde en Ongesekureerde Skuld

Om die tipe skuld wat jy het te verstaan, is noodsaaklik om jou finansies beter te beheer.​

Gesekureerde Skuld

Gesekureerde skuld is gekoppel aan ‘n spesifieke bate, soos jou huis of motor. Dit beteken dat jou bate as sekuriteit dien.

Voorbeelde:

  • Verband lenings

  • Motor Finansiering

​​

​​

Voordele:

  • Laer rentekoerse

  • Toegang tot groter leningsbedrae

Nadele:

  • Jy kan die bate verloor as jy nie betalings maak nie.

Ongesekureerde Skuld

Hierdie tipe skuld vereis geen sekuriteit nie en sluit krediet in soos kredietkaarte, persoonlike lenings, en winkelrekeninge in.​

Voordele:

  • Makliker toegang tot fondse

Nadele:

  • Hoë rentekoerse

Hoekom het mense skuld?

Skuld word dikwels gebruik om sekere doelwitte te bereik of om onverwagse onkostes te hanteer.

Algemene redes vir skuld:

 

  1. Eiendom en voertuie: Om ‘n huis te koop of betroubare vervoer te verseker.

  2. Onderwys: Om vir studies te betaal vir ‘n beter toekoms.

  3. Mediese uitgawes: Om onvoorsiene gesondheidskoste te dek.

  4. Noodgevalle: Om onverwagte finansiële krisisse te hanteer.

​​​​

Hoewel hierdie redes geldig is, is dit belangrik om skuld verantwoordelik te bestuur.

Skuldhulp is Hier om Jou te Help

 

Skuldhulp staan gereed om jou te help om jou skuld te bestuur en jou finansies weer op koers te kry.

Oormatige Skuld en die Impak

Oormatige skuld vind plaas wanneer jou skuldvlakke jou vermoë om dit te betaal, oorskry.

Algemene redes vir oormatige skuld:

 

  1. Inkomsteverlies

  2. Lenings

  3. Hoë rentekoerse

 

 

Dit raak nie net jou finansies nie, maar kan ook jou geestelike gesondheid, verhoudings en kan jou welstand negatief beïnvloed.

​​

Skuld beïnvloed jou hele lewe

Skuld beïnvloed jou hele lewe. Dit dra by tot stres, spanning in verhoudings, en selfs depressie. As jy voortdurend bekommerd is oor hoe om die volgende betaling te maak, het jy as ouer dalk min emosionele energie oor vir jou kinders. Dit gebeur met ons almal. 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Om permanent “nee” te sê, kan jou laat voel asof jy hulle in die steek laat, selfs al weet jy jy doen jou beste. Jy wil vir hulle alles gee wat hulle harte begeer, maar hoe op aarde moet jy dit doen, as jy skaars jou rekeninge kan betaal.  

Tot en met jou finansiële situasie verbeter, is daar maniere om die impak van “nee” te verminder:

 

  1. Wees Eerlik: Kinders verstaan meer as wat ons dink. Verduidelik jou finansiële situasie op ‘n manier wat gepas is vir hul ouderdom.

  2. Skep Alternatiewe Herinneringe: Kinders onthou nie altyd die speelgoed wat hulle nie gekry het nie, maar hulle onthou tyd saam met jou. 

  3. Leer Hulle Oor Geld: Gebruik hierdie situasie om jou kinders basiese finansiële vaardighede te leer, soos spaar en die waarde van geld.

Skuldhulp is trots om Afrikaanssprekende gesinne by te staan met skuldberading

 

Ons verstaan hoe uitdagend die lewe deesdae is, en ons wil jou help om jou gesin se toekoms te verseker.

 

Dit is nie te laat om verandering te maak nie. Elke stap wat jy neem om jou skuld te verminder, bring jou nader aan ‘n lewe waar jy nie meer hoef  “nee” te sê nie.

 

Met die regte ondersteuning en oplossings kan jy weer jou gesin op koers kry.

As jy sukkel om jou skuld te bestuur, is skuldberading ‘n uitstekende oplossing. Dit help jou om:

Skuldberading is 'n doeltreffende skuldverligtingsproses in Suid-Afrika, spesifiek ontwerp om verbruikers met oormatige skuld te ondersteun om hul finansiële laste te verlig en uiteindelik skuldvry te raak. Hierdie proses, wat in 2007 ingevolge die Nasionale Kredietwet (NKR) ingestel is, bied 'n alternatief vir swartlyste – wat dikwels 'n blywende impak op 'n persoon se finansiële toekoms het.

 

Vir talle Suid-Afrikaners wat met onhanteerbare skuld worstel en sukkel om basiese uitgawes te dek, bied skuldberading ’n oplossing. Dit stel hulle in staat om hul skuld op 'n verantwoordelike en bekostigbare manier af te betaal sonder die risiko van regsaksie of verdere finansiële druk.

As jy 'n inkomste verdien, maar jy kan nie elke maand jou minimum kredietverpligtinge nakom nie, dan is hulp beskikbaar deur 'n proses genaamd skuldberading.​​

Wat is die voordele van skuldberading? 

 

Skuldberading is spesifiek ontwerp om Suid-Afrikaners te beskerm wanneer hulle nie meer hul skuldverpligtinge kan nakom nie.

 

Hier is hoe skuldberading jou kan help:

1. Jou bates word beskerm

Een van die grootste voordele van skuldberading is dat jou bates, soos jou huis en motor, teen terugneming beskerm word. Jou skuldberader sal namens jou met jou krediteure onderhandel om 'n bekostigbare terugbetalingsplan te skep. Solank jy by hierdie plan hou, kan jy jou bates behou en finansiële stabiliteit handhaaf.

2. Krediteure mag jou nie teister nie

Vanaf die oomblik wat jy skuldberading betree, mag krediteure jou nie meer direk kontak nie. Alle kommunikasie tussen jou en jou krediteure word deur jou skuldberader hanteer. Dit verlig die druk en spanning van aanhoudende oproepe en eise van skuldinvorderaars.

3. Een verminderde, bekostigbare maandelikse betaling

Skuldberading maak voorsiening vir die konsolidasie van jou skuld in een verminderde maandelikse terugbetaling. Jou skuldberader onderhandel met jou krediteure om rentekoerse en betalingsbedrae te verlaag, wat dit vir jou makliker maak om jou finansiële verpligtinge na te kom en steeds jou lewenskostes te dek.

4. Beskerming teen regstappe

Terwyl jy onder skuldberading is, mag jou krediteure geen regstappe teen jou neem nie. Dit stel jou in staat om jou skuld af te betaal sonder die vrees van hofdagvaardings of beslagleggings.

Wanneer jy sukkel om aan die einde van die maand jou skuldterugbetalings te maak, of as jou inkomste nie meer genoeg is om jou basiese lewenskoste te dek nie, kan dit 'n teken wees dat jy te veel skuld het.

 

Baie Suid-Afrikaners bevind hulle in hierdie situasie weens krediet afhanklikheid.

Skuldhulp WhatsApp Kontaknommer
bottom of page