Beskerming van Jou Bates

Skuld en Jou Bates
Wanneer jy met skuld worstel, kan die moontlikheid om jou huis, motor of ander besittings te verloor, 'n groot bron van spanning wees.
Gelukkig bied skuldberading nie net 'n manier om jou skuld te bestuur nie, maar dit beskerm ook jou bates teen regstappe en beslaglegging.
Hier is alles wat jy moet weet oor hoe skuldberading jou bates kan beskerm en jou finansiële sekuriteit kan verseker.
Wat Word As Bates Beskou?
Bates verwys na enige waardevolle besittings wat jy besit, insluitend:
-
Jou huis of woonstel (eiendom)
-
Jou voertuig (motor, motorfiets, bakkie)
As jy nie jou skuld kan betaal nie, loop jy die risiko dat krediteure beslag lê op hierdie bates deur regsaksies of dit op ‘n veiling te verkoop.
Skuldberading bied wetlike beskerming teen hierdie tipe risikos.
Hoe Beskerm Skuldberading Jou Bates?
1. Regsbeskerming teen Regstappe en Beslaglegging
Sodra jy onder skuldberading is, mag jou krediteure nie meer regsaksies teen jou neem nie.
Dit beteken:
-
Geen dreigende oproepe van skuldinvorderaars nie.
-
Geen hofdagvaardings nie.
-
Geen beslaglegging op jou huis of motor nie.
2. Jou Maandelikse Paaiemente Word Verminder
Jou skuld word geherstruktureer in een bekostigbare maandelikse betaling, gebaseer op wat jy kan bekostig. Dit help jou om aan jou verpligtinge te voldoen sonder om jou bates te verloor.
3. Jou Huis Bly Jou Tuiste
Indien jy agter raak met jou huislening, kan die bank jou eiendom op ‘n veiling verkoop. Skuldberading help om jou huislening in ‘n bekostigbare terugbetalingsplan te herstruktureer, sodat jy steeds ‘n dak oor jou kop het.
4. Jou Motor Bly Joune
Jou voertuig is ‘n noodsaaklikheid, veral as jy dit vir werk of gesinsverpligtinge benodig. Skuldberading help jou om jou betalings te herstruktureer en te verminder, sodat jy jou motor kan behou en nie sonder vervoer gelaat word nie.
5. Geen Swartlys-Risiko Nie
Terwyl jy onder skuldberading is, mag jy nie nuwe skuld aangaan nie. Dit beteken egter nie dat jy op die ‘swartlys’ is nie. Sodra jou skuld vereffen is, word jou naam van die kredietburo se register verwyder en kan jy weer aansoek doen vir nuwe krediet.
Faktore wat Batesbeskerming kan Beïnvloed
1. Artikel 129 Kennisgewing
Indien jy ‘n Artikel 129-kennisgewing van jou kredietverskaffer ontvang, het jy net 10 werksdae om skuldberading te oorweeg voordat verdere regsaksies kan volg.
2. Is jy reeds met ‘n dagvaarding gedien?
Indien ‘n hof reeds ‘n dagvaarding teen jou uitgereik het, is dit belangrik om dadelik op te tree, aangesien skuldberading nie altyd ‘n bestaande hofsaak kan stop nie.
3. Jou volle samewerking in die skuldberadingsproses is nodig
Dit sluit in:
​
✔ Verskaffing van die nodige dokumentasie.
✔ Om elke maand jou betalings op tyd te betaal.
✔ Deurlopende kommunikasie oor jou finansiële situasie.
Gereelde Vrae oor Batesbeskerming en Skuldberading
1. Kan ek my huis verkoop as ek onder skuldberading is?
Ja, maar jy moet jou skuldberader en kredietverskaffer in kennis stel.
2. Kan ek skuldberading gebruik om my besigheid se bates te beskerm?
Nee, skuldberading beskerm persoonlike skuld, nie skuld in ‘n maatskappy of besigheid nie.
3. Wat gebeur as ek nie by my skuldberadingsplan hou nie?

As jy versuim om jou maandelikse skuldberadingspaaiement te betaal, kan jou krediteure weer regstappe neem en beslag lê op jou bates.
Waarom Skuldhulp Jou Beste Opsie is om Jou Bates te Beskerm
Skuldhulp is trots om AfriForum-lede en ander Suid-Afrikaners in hul moedertaal by te staan met wettige en effektiewe skuldberading.


Skuldberading bied:
-
Een bekostigbare, gekonsolideerde maandelikse paaiement.
-
Jou skuld word gestruktureer om binne jou begroting te pas.
-
Jou huis en motor word teen beslaglegging beskerm.
-
Geen aggressiewe skuldinvordering van krediteure nie.
-
Jou lewenskostes word gedek.
-
Jy ervaar onmiddellike finansiele verligting.