top of page
Search
Writer's pictureSkuldhulp

Die Mites oor Skuldberading: Werklikheid teenoor Fiksie




Skuldberading is 'n waardevolle hulpmiddel wat talle Suid-Afrikaners al gehelp het. Maar dit is nie sonder onsekerhede en mites wat mense die doeltreffendheid daarvan laat bevraagteken nie.


Het jy al gehoor dat skuldberading jou kredietrekord permanent beskadig of dat dit net vir mense is met miljoene rande se skuld?


Hierdie artikel sal die mees algemene mites rondom skuldberading bespreek en ons sal die waarheid met ons lesers deel. 


Mite 1: Skuldberading is net vir mense met miljoene rande skuld.


Wat is die Werklikheid: Skuldberading is beskikbaar vir enige iemand wat sukkel om hul skuld terug te betaal. Dit is 'n proaktiewe maatreël om finansiële kwessies aan te spreek en bied 'n gestruktureerde benadering tot skuldvereffening. As jy voel jou skuld raak buite beheer kan skuldberading jou help om jou finansiële situasie te verbeter.  


Mite 2: Skuldberading sal my kredietrekord permanent beskadig


Wat is die Werklikheid: Terwyl skuldberading aanvanklik 'n impak op jou kredietgradering sal hê, is dit nie permanent nie. Die kredietburo word in kennis gestel dat jou skuld geherstruktureer is volgens jou skuldberadings plan. Sodra jy jou nuwe terugbetalingsplan voltooi en jou skuld volledig afbetaal het, sal jy ‘n klaringssertifikaat ontvang. Die sertifkaat word by die kredietburo ingedien en jou naam word uit die boeke verwyder. Jou kredietrekord is dan skoon, en jy kan weer aansoek doen vir krediet. 


Mite 3: Skuldberading beteken ek verloor my huis en motor

Wat is die Werklikheid: Een van die primêre doelwitte van skuldberading is om jou te help om jou bates, soos jou huis en voertuig, te behou. Die uitkoms hang af van jou individuele omstandighede en of jy 'n Artikel 129-kennisgewing van jou krediteure ontvang het. As jy 'n Artikel 129-kennisgewing ontvang het, moet jy binne 10 werksdae aansoek doen vir skuldberading, en die berader sal probeer om jou bates te red.


Mite 4: Skuldberading is 'n vinnige oplossing


Wat is die Werklikheid: Skuldberading is 'n geleidelike proses wat toewyding en tyd verg. Dit is nie 'n kitsoplossing nie, maar 'n strategie om finansiële stabiliteit op lang termyn te bereik. Dit behels die bestuur van jou finansies en die nakoming van die terugbetalingsplan wat deur die skuldberader geskep is en deur die hof gemagtig is.


Mite 5: Skuldberading is 'n duur diens wat ek nie kan bekostig nie


Wat is die Werklikheid: Die koste van skuldberading word gereguleer deur die Nasionale Kredietreguleerder, wat verseker dat dit bekostigbaar bly. Die fooie is gestruktureer en hulle is ingesluit in jou nuwe terugbetalingsplan. 


Mite 6: Skuldberaders is onbetroubaar


Wat is die Werklikheid: Daar is talle betroubare skuldberadingsagentskappe wat werklik hul kliënte se finansiële welstand prioritiseer. Die keuse van 'n geregistreerde en geakkrediteerde skuldberader is noodsaaklik om dienste van ‘n hoë gehalte te waarborg. Skuldberaders moet voldoen aan die Nasionale Kredietwet se streng standaarde en regulasies.


Mite 7: Skuldberading is net nog 'n tipe lening

Wat is die Werklikheid: Skuldberading is 'n nie ‘n lening nie. Dis ‘n wetlike proses waar 'n kundige skuldberader individue bystaan ​​om hul skuld te herstruktureer. Dit stel individue in staat om hul skuld geleidelik oor 'n verlengde tydraamwerk terug te betaal en sodoende hul maandelikse terugbetalings te verminder.


Mite 8: Ek het nie ‘n skuldberader se dienste nodig nie.


Wat is Werklikheid:  Alhoewel dit moontlik is om jou skuld self te hanteer, bied die hulp van 'n skuldberader toegang tot professionele leiding en onderhandelinge met al jou krediteure. Met hul kundigheid en insig kan skuldberaders 'n bekostigbare terugbetalingsplan opstel wat uniek is volgens jou spesifieke situasie. Gedurende skulberading word jy beskerm teen potensiële regsaksies van jou krediteure. 


Hoe ons jou kan help?



Laat Skuldhulp se beraders jou finansiële situasie deeglik ondersoek deur ‘n volledige assessering wat verniet is.  Ons kan jou maandelikse betalings konsolideer en jou skuld verminder vir onmiddellike finansiële verligting. 


Kontak ons vandag vir hulp in jou taal. 



83 views0 comments

Comments


bottom of page