top of page
Search

Brandstofprysverhoging bedreig voedselsekerheid - Skuldhulp

Writer's picture: SkuldhulpSkuldhulp

Updated: Jun 18, 2024


skuldhulp skuld hulp konsolidasie skuldberading debt review debt counselling


Voedselsekerheid is opnuut in die kollig, met huidige weerstoestande – yl reën en hittegolwe – wat reeds die bedreiging van ʼn moontlike opbrengsverlies vir boere inhou. Nog ʼn verhoging in die brandstofpryse kan ʼn swaar finansiële las op Suid-Afrika se boere plaas terwyl talle reeds sukkel om kop bo water te hou.


Wandile Sihlobo, hoofekonoom by die Landbousakekamer van Suid-Afrika (Agbiz), sê weerstoestande in verskeie gebiede, waar beduidende somergrane soos mielies, sonneblomsaad en sojabone in die bestuiwingstadium is, is nie optimaal nie en behoort ideaal gesproke hoër vogvlakke te hê gedurende hierdie stadium om opbrengste te verhoog. Dit beteken daar is ʼn wesenlike kans dat boere minder somergrane gaan produseer as wat verwag is. En dít hou ʼn bedreiging vir die land se voedselproduksie in. Reënval oor die volgende paar weke gaan ook deurslaggewend wees om ʼn beter landbou-oes te verseker.


Frans Cloete, hoof van die maatskappy Skuldhulp, waarsku dat ʼn skerp styging in brandstofpryse groot kommer wek.

“Stygings in petrolpryse benadeel nie net motoriste wat hul voertuie moet volmaak nie, dit het ʼn vernietigende uitwerking op die land se voedselvoorraad. Ons boere, op wie ons staatmaak vir die kos op ons tafels, word finansieel baie swaar getref deur elke styging in die prys van petrol en diesel. Die boerderybedryf maak hoofsaaklik op diesel staat – nie net om hul trekkers en vragmotors te bestuur nie, maar ook hul masjinerie,” sê Cloete.


6 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments


Skuldhulp WhatsApp Kontaknommer
bottom of page