top of page

Frans Cloete GR(SA)

Hoof Uitvoerende Beampte van Skuldhulp

Frans is 'n Geoktrooieerde Rekenmeester en kampvegter vir Afrikaanssprekendes wat slagoffers geword het van die uitdagende ekonomiese omstandighede waaronder Suid-Afrikaners leef.

Hy het sy klerkskap voltooi by PricewaterhouseCoopers, waarna hy jare lank as Hoof Finansiële Beamte opgetree het in die kleinhandel-, konstruksie- en vervaardigingsektore.

Frans is daarna aangestel as die Hoof Finansiële Beampte van Debt Rescue, Suid-Afrika se grootste Skuldberadingsmaatskappy, waar hy sy passie ontdek het om mense onder finansiële druk te help om hul weg oop te vind na finansiële vryheid. 

Frans dien as die Hoof Uitvoerende Beampte van Skuldhulp, ñ filiaal van Debt Rescue, wat spesifiek opgestel is om Afrikaners in hul moedertaal te help om skuldvry te raak en hul bates te beskerm. 

Frans is gebore en getoë in Pretoria, waar hy woon saam met sy vrou, Erna, en hul jong dogter, Elana. In sy vrye tyd geniet hy dit om te werk op hulle familie se beesplaas naby Kroonstad in die Vrystaat.

 Skuldhulp-ikoon
Frans Skuldhulp.png

Skuldhulp kliente kan hom ook direk kontak met enige eskalasies op die volgende e-pos adres: frans.cloete@skuldhulp.co.za

ontbytSAKE - Skuldhulp

Frans Cloete, Uitvoerende Hoof van Skuldhulp, gesels met Dawie Roodt oor Skuldberading en presies wat die proses behels op ontbytSAKE

Kyk gerus na hierdie video om meer uit te vind oor hoe
skuldberading jou finansiële situasie kan verbeter.

bottom of page