Kry Skuld Jou Onder?
Jy is nie alleen nie.
​
Skuld is ‘n onderwerp wat baie Suid-Afrikaners vermy. Dikwels dra mense die spanning van finansiële druk in stilte, terwyl die stigma rondom skuld, verhoed dat hulle die hulp soek wat hulle nodig het.
[76% van Suid-Afrikaners se fondse is uitgeput voor maandeinde (News 24)].
Skuldberading se Ontstaan
Skuldberading het 2007 ontstaan onder die Nasionale Kredietwet om die groeiende skuldkrisis aan te spreek en 'n oplossing te bied vir oorverskuldigde individue.
Die doel was om verbruikers te beskerm teen aggressiewe skuldeiseraksies, soos die terugneem van bates, terwyl 'n gestruktureerde manier vir hulle voorsien word om hul skuld af te betaal.
Voor die skuldberadingsisteem vorendag gekom het, het baie Suid-Afrikaners geen regsaamwerk gehad om hul besittings te beskerm of om verligting van onhanteerbare skuld te soek nie.
Waarom trek Suid-Afrikaners
finansieel swaar?
Korrupsie is op die hoogste vlak in die geskiedenis (Corruption Watch)
Elektrisiteitstariewe het met 653% gestyg vanaf 2007 (PowerOptimal)
Rentekoerse is op die hoogste vlak sederd 2009 (Daily Maverick)
Werkloosheidsyfer (32.9%) is die hoogste ter wêreld (IOL)
Reële salarisse het afgeneem die afgelope 5 jaar (BankservAfrica)
Kos inflasiekoers is die hoogste in 14 jaar (Trading Economics)
67% van die gemiddelde Suid-Afrikaner se salaris word gebruik om skuld af te betaal (Nedbank)
90% van Suid-Afrikaners kan nie genoeg spaar vir aftrede nie (The Citizen)
Is daar uitkoms?
Beslis!
Skuldberading bestaan reeds sederd 2007 en het al derduisende mense gehelp om hul skuld af te betaal, op ‘n bekostigbare manier, sonder om hul bates te verloor.​​​​​​​
​​​​
Dit is die beste proses van sy soort in die wêreld en Suid-Afrika is die enigste land waar jou huislening ook onder skuldberading geplaas kan word.
​
Sodra jou nuwe terugbetalingsplan goedgekeur is deur die hof, word jy beskerm teen enige verdere regstappe deur jou krediteure.
Voordele van skuldberading
-
Onmiddellike verligting van finansiële verknorsing en stres.
​
-
Ons vat jou hand en stap die pad saam met jou.
​
-
Jy kan fokus op wat werklik belangrik is, jouself en jou familie.
​
-
Betaal slegs een maandelikse paaiement ten opsigte van al jou krediteure.
​
-
Jy het genoeg geld vir kos, klere, kruideniersware, skoolgeld, versekering, ens.
​
-
Krediteure en skuldinvorderaars pla jou nie meer vir betaling nie.
​
-
Niemand kan beslag lê op jou huis, voertuie, en ander bates nie.
Wat behels die proses?
Jy:
​
-
Maak kontak met ons en vra enige vrae wat jy mag hê.
​
-
Voltooi ‘n aansoekvorm aanlyn, telefonies of deur een af te laai.
​
-
Aanvaar ‘n terugbetalingsplan waarmee jy gelukkig is en teken die nodige dokumentasie.
​
Ons:
​
-
Werk vir jou‘n nuwe terugbetalingsplan met verlaagte paaiemente en rentekoerse uit wat jy kan bekostig.
​
-
Lig jou krediteure in dat ons jou verteenwoordig en voorsien hulle met jou nuwe terugbetalingsplan.
​
-
Maak jou nuwe terugbetalingsplan ‘n hofbevel, sodat ons jou optimaal kan beskerm.
Jy geniet onmiddellik ons beskerming en begin onmiddellik slegs een bekostigbare paaiement te betaal ten opsigte van al jou krediteure.
Waarom Skuldhulp?
Met meer as 16 jaar se ervaring in die skuldberadingsbedryf, is ons die kenners waarop jy kan staatmaak.
​
Skuldhulp is trots om in samewerking te wees met AfriForum, waar ons nie net hulle lede bystaan met skuldberading nie, maar ook 'n verskil maak in die Afrikaanse gemeenskap.
Ons bied oplossings wat jou lewensonkostes verlaag, jou skuld bestuur, en jou teen regstappe beskerm, alles met een bekostigbare, verminderde afbetaling.
​​​​​
​
-
Skuldhulp verstaan JOU SITUASIE en is hier om jou in JOU MOEDERTAAL te HELP.
​​​​​
-
Ons is trots om die leiers in die bedryf te wees.​ Plaas jou skuld in ons hande.
Wat sê ons kliënte?
Stephen Janse van Rensburg
Kempton Park, Gauteng
Om die spanning wat finansiële probleme meebring te hanteer, is baie moeilik vir die meeste om te verstaan, maar Marlize van Wyk is iemand met wie jy oop en eerlik kan wees. Sy toon begrip en empatie en dit is 'n plesier om met haar te werk.
Tia Jacobs
Elsies Rivier, Western Cape
Uitsonderlike diens. Alle konsultante is hoogs professioneel. Die beste skuldberadingsmaatskappy in Suid-Afrika.
Gail Bedja
Pietermaritzburg, Kwazulu Natal
Ek wil Memory Oosthuizen bedank vir die uitstekende diens wat sy gelewer het. Ek was oorweldig tydens my aansoek, maar haar professionele en behulpsame bystand het soveel vreugde en verligting gebring.




Bekroon as die beste skuldberader in Suid-Afrika

Wenner: Betekenisvolle bydrae tot die skuldberadingsbedryf

16 jaar in bestaan

Bekroon as gunsteling skuldberader deur die publiek

#TOP 10 vir 3 opeenvolgende jare
