top of page
Search
  • Writer's pictureSkuldhulp

Hoe Skuldhulp Jou Finansiële Toekoms Kan Red

Frans Cloete, Uitvoerende Hoof van Skuldhulp, het met Charlene Lackay van Ontbyt SAKE gepraat oor Skuldberading. 


Wat maak Skuldhulp se proses so suksesvol?


Volgens Frans is die geheim van Skuldhulp se sukses die feit dat albei partye, die kliënt en die krediteure, op dieselfde bladsy is. Skuldhulp se kliënte betaal 'n verminderde terugbetalingsbedrag, wat hulle help om hulle skuld af te betaal terwyl hulle steeds hul lewenskostes kan dek. Krediteure weet dat kliënte onder finansiële druk is en stem in tot verlaagde terugbetalingsbedrae, wetende dat hulle uiteindelik hul geld gaan terug kry.


Krediteure moet saamwerk


Frans verduidelik dat krediteure volgens die Nasionale Kredietwet verplig is om saam te werk met skuldberading. Indien 'n ooreenkoms nie bereik kan word nie, sal 'n regter 'n billike bedrag bepaal. Hierdie proses verseker dat 'n middeweg gevind word wat beide partye bevoordeel.


Om meer te leer oor Skulberading kyk gerus die onderhoud.




Kontak ons hier vir enige verdere informasie oor skuldberading.

50 views0 comments

Comments


bottom of page