top of page
Search

Hoe om Finansiële Spanning in ‘n Vriendegroep te Hanteer

Writer's picture: SkuldhulpSkuldhulp

In hierdie episode van Hier Sit die Manne gesels Frank Rautenbach met Frans Cloete, Uitvoerende Hoof van Skuldhulp, oor hoe om finansiële spanning in ‘n vriendegroep te hanteer.


Daar is dikwels konflik in vriendskappe wanneer een of meer vriende in 'n moeilike finansiële posisie is. Frans beklemtoon dat eerlikheid die sleutel is: speel oop kaarte met jou vriende oor jou situasie. Dit verlig nie net die druk op jou skouers nie, maar stel jou vriende ook in staat om jou beter te verstaan en te ondersteun.


Stel ’n begroting op

Om jou finansies beter te bestuur, begin deur 'n begroting op te stel. Dit help jou om jou finansiële situasie te oorweeg en prioriteite te identifiseer.


As vriende is dit ook belangrik om sensitief te wees oor mekaar se finansiële vermoëns en persoonlike omstandighede. Frans lê klem op die feit dat dit aanvaarbaar is om “nee” te sê wanneer jy nie ‘n duur ete of vakansie kan bekostig nie.


Kyk Die Opname Hier




Skuldhulp is Hier om Jou te Help


Skuldhulp staan gereed om jou te help om jou skuld te bestuur en jou finansies weer op koers te kry.


13 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments


bottom of page